Eerste Opiumoorlog | |||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van die Opiumoorloë | |||||||||
Die Nemesis vernietig Chinese jonke tydens die Tweede Slag van Chuenpee op 7 Januarie 1841 | |||||||||
| |||||||||
Strydende partye | |||||||||
Verenigde Koninkryk | Qing-dinastie | ||||||||
Aanvoerders | |||||||||
Lord Palmerston Charles Elliot George Elliot James Bremer Hugh Gough Henry Pottinger William Parker |
Daoguang Keiser Lin Zexu Qishan Guan Tianpei (†) Yishan Yijing Yang Fang | ||||||||
Sterkte | |||||||||
19 000 troepe[2] | 200 000 Banniermanne en Groen Standaardweermagtroepe | ||||||||
Ongevalle en verliese | |||||||||
69 gesneuwel 451 gewond |
18–20 000 gesneuwel | ||||||||
Bron vir sterftes:[2] |
Die Eerste Opiumoorlog (1839–42), ook bekend as die Opiumoorlog en as die Anglo-Chinese-oorlog, was ’n oorlog tussen Groot-Brittanje en China oor hul botsende standpunte oor diplomatieke betrekkinge, handel en die administrasie van geregtigheid vir buitelanders.[3]
Voor die konflik wou Chinese amptenare die verspreiding van opium inperk en het hulle ongeveer 20 000 kiste met opium (ongeveer 1,21 miljoen kilogram) van Britse handelaars gekonfiskeer.[4] Hoewel die Britse regering China se reg om invoere te beheer nie amptelik ontken het nie, het hulle beswaar gemaak teen hierdie beslaglegging en sy militêre mag misbruik om gewelddadige regstelling af te dwing.[3]
In 1842 het die Verdrag van Nanking – die eerste van wat die Chinese later die ongelyke verdrae sou noem – ’n vrywaring aan Brittanje verleen, vyf verdraghawes geopen en die Hongkong-eiland oorgedra waardeur die handelsmonopolie van die Kantonstelsel beëindig is. Die verdrag het egter daarin misluk om die Britse doelwitte van verbeterde handel en diplomatieke betrekkinge te behaal, wat aanleiding gegee het tot die Tweede Opiumoorlog (1856–60).[5] Die oorlog word vandag beskou as die aanvang van die moderne Chinese geskiedenis.[6][7]
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search